Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Die Tuinier Tydskrif by Lonehill Trading (PTY) LTD - Available

Die Tuinier Tydskrif

May/June 2026
Magazine

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Welkom

FLENTERNUUS EN KNIPSELS

Tuinbesproeiing met Gemete Sorg

BRIEWE

Vra die span • Ek het ‘n groot waatlemoen gekweek. Hoe sal ek weet wanneer dit ryp is?

Houtkapperbye

Om wortel te skiet op WHALE ROCK RIDGE • Om ‘n multi-bekroonde tuin van nuuts af in Plettenbergbaai se winderige toestande en arm grond te skep, is geen geringe prestasie nie, tog is hierdie tuin ’n bewys van hoe noukeurige beplanning en plaaslike kundigheid deur die jaar floreer.

Die Toevallige Avonturier Die botaniese wêreld van Robbie Honey • Wêreldreisiger en plantkundige Robbie Honey het die afgelope tien jaar daaraan toegewy om sommige van die wêreld se mees diverse flora op te spoor en te ontleed.

Plaaslike prys

Estetiese BRASSICAS • Blommende kool of krulkool word nie geplant om te eet nie (alhoewel eetbaar), maar eerder as oulike eenjariges om kleur by ‘n winter-en vroeë lentetuin te voeg.

BLOMME wat jy kan kweek om te droog • Blomkunstenaars neig na blomme en blare wat die langste hou, en hoewel sommige blomme vir maande sal hou, doen die meeste nie. Die beste manier om blomme te bewaar is om hulle te droog. Sommige van ons gewone tuinblomme is perfek vir droging en behou steeds hul natuurlike kleur. Hierdie is ons gunstelinge vir kweek en droging.

Verhelder jou dag in die son of skaduwee • Nou kan jy alle dele van die tuin kleur gee met pragtige blommende eenjariges vir skadukolle en ander vir volson. Hierdie is die sterre van die vertoning wat by tuinsentrums landwyd beskikbaar sal wees vir kitskleur en om meer bestuiwers na die tuin te lok.

Langdurige POTTE MET BLOMME • Moeders verdien ‘n oorvloed blomme op Moedersdag, en daar is baie om van te kies, maar wat van blomme wat maande lank hou en dan in die tuin geplant kan word of behou kan word vir volgende jaar se blomme? Hier is net drie om van te kies, en een van hulle is ‘n opwindende nuwe bekendstelling!

ʼn Drietal bolle • Daar is baie bolle wat jy nou kan plant vir lentekleur, maar hierdie drie is ʼn moet vir kleur en langdurige blomme in die tuin en in ʼn vaas.

KWEEK skougehalte alocasias • Tropiese alocasias is bekend vir hul interessante blare, sommige so groot soos olifantore, wat dan ook hulle volksnaam is. Hulle is uitstekend om binnenshuis as huisplante te kweek met die regte omgewing.

Blombomme en suurlemoengele • Met die regte plante, sal houers en tuinbeddings uitbundige en besielende winterkleur vertoon. Met ons keuse kan jy nie ʼn fout maak nie!

Pers Kool

KLEIN BOOM Soet vrugte • Baie vrugtebome wat die soetste vrugte dra kan in ‘n klein tot mediumgrootte tuin en selfs in groot potte groei. Dit is nie so moeilik soos wat jy dalk dink nie, en om jou eie vrugte te pluk is een van die bevredigendste dinge van tuinmaak.

Borrie • Curcuma longa (borrie), wat dikwels die goue speserye genoem word, is propvol gesondheidsvoordele, noodsaaklik in die kombuis vir baie geregte, en maklik om te kweek.

Winter dekgewasse • Ons kan baie by boere leer. Hulle kan die agteruitgang van die grond sien wat deur intensiewe grondbewerking en die herhaalde plant van dieselfde gewas in dieselfde lande veroorsaak word. Sodra die gewas geoes is, word die grond sanderig en spoel selfs weg tydens swaar reën. Dit is ‘n probleem, veral as groot aanplantings van groenteen kruidgewasse in die lente doen word. Om deur die winter te kom, bied...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans